FAK Kultuurnaweek 2026
Fri, 19 Jun
|Montpellier Wine Estate
Die Boland vier Afrikaanse kuns, klank en kultuur op 19 en 20 Junie 2026 by die Montpellier Wynlandgoed, Tulbagh.


Time & Location
19 Jun 2026, 08:00 – 20 Jun 2026, 20:00
Montpellier Wine Estate, 2 Jonge Gezellen Road, Tulbagh, 6820
About the event
Oor die naweek
Sien in jou geestesoog: 'n winternaweek in die Boland, omring deur wingerde en berge, met 'n glas vonkelwyn in die hand, en Afrikaanse musiek wat in 'n historiese wynkelder weerklink. Die FAK-Kultuurnaweek op die Montpellier Wynlandgoed bied presies net dít, en nog veel meer.
Vir ‘n hele naweek word die prentjiemooi Montpellier omskep in 'n kultuurfees vol woord-, musiek en visuele kuns. Kuier tussen die produksies deur, verken die kunsuitstalling, sluit aan by 'n wyntoer of kunstenaarsgsprekke, of geniet eenvoudig die stille prag van die Boland. Dié naweek is daar geen gejaag nie, slegs die gesellige sjarme van Tulbagh, goeie wyn en sielsverrykende Afrikaanse kuns en kultuur.
Wat sluit jou kaartjie in?
Jou naweekkaartjie gee jou toegang tot Montpellier vir die volle twee dae, insluitend:
Die volle dagprogram, insluitend alle konserte, gesprekke en toere
Die kunsuitstalling Skep deur John Robbertse in die herehuis se kombuis
FAK se boekuitstalling in die herehuis se sitkamer
Kwilt-uitstalling in die kelder
Kwilt-en-wyn-proe
Toegang tot die volle dagprogram, insluitend alle konserte, gesprekke en toere
By die Bouval sal drink goed, kos en lekkernye beskikbaar wees deur die loop van die naweek. Gaste wat nie beide dae wil kuier nie, kan ook ‘n dagkaartjie aanskaf.
Hoe bespreek ek my kaartjie?
Jy kan laer af op hierdie bladsy jou dag- of naweekkaartjie(s) bespreek. Jy sal daarna twee e-posse ontvang: een e-pos met jou dag- of naweekkaartjie, en ‘n tweede e-pos met ‘n skakel waar jy sal aandui watter konserte jy wil bywoon. Die konserte vind plaas in verskeie lokale met ‘n beperkte aantal sitplekke. Daarom moet gaste vooraf aandui watter konserte hulle gaan bywoon.
Program
Vrydag, 19 Junie
12:30 Jy moet sing soos jy gebek is
14:00 By Alle Skone Dinge
15:00 TulBach Suites
16:00 Begeleide kunstoer met John Robbertse
17:00 Reünie met Frank Opperman
19:30 Cap Classique: Die Kaap is weer Klassiek!
Saterdag, 20 Junie
12:00 By Alle Skone Dinge
13:00 Begeleide kunstoer met John Robbertse
13:00 Wynstories: Regisseur, Akteur en Komponis in Gesprek
14:00 TulBach Suites
15:00 Rooidag: N.P. van Wyk Louw
16:00 Jy moet sing soos jy gebek is
17:00 Reünie met Frank Opperman
19:30 Die Spyseniersberg Soirée
Volledige produksie-inligting en kunstenaarsbesonderhede
Beplan jou naweek
Benut jou tyd op Montpellier ten volle deur vooraf vir die volgende te bespreek:
🍷 Wynproe-ervarings – Kuier in die kelder of ervaar begeleide wynproeë.
🛏️ Verblyf op die plaas – Oornag op Montpellier en kuier sonder om oor padblokkades te kommer.
Montpellier Wynlandgoed het parkeerplek vir 50 voertuie per dag teen teen teen R150 per voertuig, en kan hier bespreek word. Veilige parkering is beskikbaar teen 'n fooi per dag by die NG Kerk Tulbagh, net ‘n klipgooi van Montpellier af. Die kaartjies kan by die kerk aangeskaf word. Die FAK-Kultuurnaweek se gratis pendeldiens sal elke 20 min tussen Montpellier en die kerk pendel.
Tickets
Dag 1 (19 Junie) - Dagkaartjie
Dag 1 (19 Junie) - Dagkaartjie
R 350,00
+R 8,75 ticket service fee
Dag 2 (20 Junie) - Dagkaartjie
Dag 2 (20 Junie) - Dagkaartjie
R 350,00
+R 8,75 ticket service fee
Naweekpas
Naweek toegang
R 650,00
+R 16,25 ticket service fee
Montpellier parkering
Eksklusiewe parkering op Montpellier
R 150,00
+R 3,75 ticket service fee
R 150,00
+R 3,75 ticket service fee
Total
R 0,00











