top of page
FAK Kultuurnaweek 2026 1400x400px.webp

Die FAK-Kultuurnaweek vier Afrikaanse kuns, klank en kultuur op 19 en 20 Junie 2026 by die Montpellier Wynlandgoed, Tulbagh. Die fees bied 'n keurig saamgestelde program van sielsverrykende Afrikaanse kuns en kultuur: van teater en musiek tot beeldende kuns en wynproeë. Of jy nou Frank Opperman se bekroonde eenmanstuk bywoon, die liriese toonsettings van Franco Prinsloo en die meesleurende tjellospel van Gerrit Koorsen wil ervaar, of bloot net wil kuier en die unieke sjarme van die Boland beleef, dié naweek gaan 'n onvergeetlike hoogtepunt op die kultuurkalender te wees.

Bespreek jou naweek 

Wynproe

Montpellier Wynlandgoed bied 'n verskeidenheid wynproe-ervarings aan, van ontspanne kelderbesoeke tot begeleide wynproeë. Voeg dit by tydens jou
kaartjie-aankoop.

LEES MEER
Verblyf

Oornag op Montpellier om die plaas in
al sy glorie te ervaar. Kies tussen gesellige gastekamers of rustige cottages vir
'n onvergeetlike kultuurnaweek
in die Boland.

BESPREEK
Kaartjies

Bespreek jou kaartjies vir een of
meer van die FAK-Kultuurnaweek se
produksies via Zuva, Suid-Afrika
se kaartjieplatform vir

Suid-Afrikaanse kultuurgebeure.

KOOP NOU
reunie frank opperman.webp

Reünie

Frank Opperman

Vrydag, 19 Junie om 17:00, Kelder
Saterdag, 20 Junie om 17:00, Kelder

Dit is dieselfde skoolsaal, maar 43 jaar later by die reünie van die 1980-matriekgroep. Adam Boshoff tree op as verteller op, maar deur die loop van die aand kry verskeie klasmaats 'n beurt agter die mikrofoon om hule sê te sê. Lank terug het almal saam n tragedie beleef wat hulle nou vir die eerste keer regtig konfronteer. Dana Snyman en Frank Opperman snoer weer kragte saam. Verwag dieselfde fyn spot, deernis en 'n tikkie nostalgie.

By Alle Skone Dinge

Chris Vale en Franco Prinsloo

Vrydag, 19 Junie om 14:00, Kelder

Saterdag, 20 Junie om 12:00, Kelder

’n Intieme en liriese konsertprogram uit die album By Alle Skone Dinge, waarin die skoonheid van die Afrikaanse woord deur Franco Prinsloo se unike toonsettings herleef. Hierdie versameling kunsliedere bring poësie en klank in ’n fyn verweefde dialoog saam, soms teer en introspektief, soms helder en ligdraend.

Met sensitiewe vertolkings deur Chris Vale, en die genuanseerde klavierbegeleiding van die komponis self, ontvou elke lied as ’n klein wêreld van emosie en betekenis. Toonsettings van gedigte van Ingrid Jonker, NP van Wyk Louw, Breyten Breytenbach, Antjie Krog en nog vele meer is in hierdie produksie te hoor. 

by alle skone dinge.webp
Cap Classique- Die Kaap is weer Klassiek!.webp

Cap Classique: Die Kaap is weer Klassiek!

Vrydag, 19 Junie om 19:30, Kelder

Met: Chris Vale (sang), Franco Prinsloo (klavier), Klaus-Louis Jansen van Vuuren (sang en voordrag), Sallas de Jager (Sang) en Gerrit Koorsen (Tjello). 

’n Sprankelende openingskonsert van die FAK-Kultuurnaweek, aangebied in die pragtige wynkelder van Montpellier Wynlandgoed. 

Die aand fokus op die kelder se vonkelwyne (MCC), waar die fyn borrels op ’n unieke wyse gekombineer word met musiek deur van Suid-Afrika se voorste kunstenaars. Elke musikale oomblik is as’t ware geinspireer deur die karakter en sprankel van die wyne – lig, feestelik en vol lewe.

Gaste het die geleentheid om wyne tydens die konsert aan te koop en te geniet terwyl die musiek ontvou in ’n elegante samevloei van klank, kultuur en karakter.

Die Spyseniersberg Soirée

Saterdag, 20 Junie om 19:30, Kelder

Met: Chris Vale (sang), Franco Prinsloo (klavier), Klaus-Louis Jansen van Vuuren (sang en voordrag), Sallas de Jager (sang), Gerrit Koorsen (Tjello) en Leon Gropp (kitaar en sang). 

’n Intieme en stylvolle afsluitingskonsert tydens die FAK-Kultuurnaweek, gehou in die wynkelder van Montpellier Wynlandgoed, waar die fokus val op die landgoed se kenmerkende Spyseniersberg-wyne. 


Die wyne van Spyseniersberg word kunssinnig verweef met musiek deur ’n uitsonderlike ensemble van kunstenaars. Soos die wyne self, beweeg die program deur die unieke karrakter, warmte en volheid van elke werk om die fyn geure en diepte in die glas te weerspieël. 

Gaste word genooi om wyne tydens die konsert aan te koop en dit te geniet as deel van die ervaring.

Spyseniersberg wine.webp
TulBach-suites- Bach in die Boland.webp

TulBach-Suites: Bach in die Boland

Vrydag, 19 Junie om 15:00, Kapel
Saterdag, 20 Junie om 14:00, Kapel

Met: Gerrit Koorsen (tjello) met Franco Prinsloo, Chris Vale en Klaus-Louis Jansen van Vuuren. 

Teks: NP Van Wyk Louw en AG Visser

Komponiste: J.S. Bach en Franco Prinsloo.

Die bekroonde tjellis Gerrit Koorsen bied ’n solotjelloprogram aan, met die ikoniese eerste tjellosuite van Bach as spilpunt. Die program word aangevul deur ’n nuwe komposisie: ’n suite toonsettings van poësie oor die Boland. Franco Prinsloo noem hierdie werk vir sangensemble en tjello die Tulbagh Suite.

Begeleide kunstoer: Skep

Vry, 19 Junie om 16:00, Herehuis se kombuis
Sat, 20 Junie om 13:00, Herehuis se kombuis

Kunstenaar: John Robbertse

Aangebied deur FPAC (Franco Prinsloo Art Collection)

Skep, 'n versameling kunswerke deur John Robbertse (JohnRtelier) is ’n byna tong-in-die-kies voortsetting van sy tema rondom vloeibare persoonlike identiteit in hedendaagse Suid-Afrika. 



John gebruik gevonde voorwerpe wat spreek van vervloë samelewings soos antieke teekoppies, lepels, pierings, en herkontekstualiseer dit deur dit te bedek met fyn geskilderde miniatuur-olieverfskilderye. Sy werk vermeng op ’n unieke wyse die tweedimensionele praktyk van skilderkuns met die driedimensionaliteit van die voorwerpe waarop dit aangebring word.

 

john robberts.webp
klaus sing soos gebek.webp

Jy moet sing soos jy gebek is

Vrydag, 19 Junie om 12:30, Glashuis
Saterdag, 20 Junie om 16:00, Glashuis

Met: Klaus-Louis Jansen van Vuuren (sang), Franco Prinsloo (klavier), 
Teks: Philip de Vos

Komponis: Franco Prinsloo

Nuwe, pretbelaaide toonsettings deur Franco Prinsloo van Philip de Vos se verse. Of dit gaar, goor of gek is, jy moet sing soos jy gebek is! ’n Speelse en energieke program wat humor, woordkuns en musiek op ’n unieke wyse saamsnoer. Franco Prinsloo se toonsettings strek oor meersas twee dekades, en is gelyk vol heimwee en humor. 

Rooidag: N.P. van Wyk Louw, getoonset en gesing

Saterdag, 20 Junie om 15:00, Glashuis

Met: Leon Gropp (sang en kitaar)

Teks: Leon Gropp

Komponis | Oorspronklike musiek: Leon Gropp

Die US Woordfees-wenner vir beste musiekgedrewe produksie in 2018.

N.P. van Wyk Louw het gesê dit is die taak van die kunstenaar om die blinde drif en verlange van sy groep deur sy hele wese in te neem, om alles wat nog vaag of bloot intellektueel is in sy eie hart gestalte te gee en om dit dan eenvoudig in skoonheid weer te gee.

Sy intellektuele nalatenskap is ongekend.

Leon Gropp beeld sy gedigte en skrywe op ’n magiese musikale manier uit met sy uitsonderlike vars kontemporêre toonsettings. 

Leon Gropp.webp
sallas.webp

Wynstories: Regisseur, Akteur en Komponis in Gesprek

Saterdag, 20 Junie om 13:00, Glashuis

Die alombekende Frank Opperman tree in gesprek met Sallas de Jager, nasionale hoof van Taalkuns en Musiek by die FAK, en komponis Franco Prinsloo.
 

Drie unieke stemme uit die kunste wat saamkom om stories te deel, eerlik, humoristies en insiggewend. Hulle gesels oor staaltjies uit hul loopbane, die kuns van akteurwees en die skeppingsproses agter komposisie.
 

’n Besonderse fokus val op die rol van musiek in film en televisie: hoe komponiste karakters en emosie vorm, dikwels sonder om ooit die akteur te ontmoet, maar steeds ’n diep en onmisbare dimensie tot die storie toevoeg.
 

Bespreek jou naweek 

Wynproe

Montpellier Wynlandgoed bied 'n verskeidenheid wynproe-ervarings aan, van ontspanne kelderbesoeke tot begeleide wynproeë. Voeg dit by tydens jou ​
kaartjie-aankoop.

LEES MEER
Verblyf

Oornag op Montpellier om die plaas in
al sy glorie te ervaar. Kies tussen gesellige gastekamers of rustige cottages vir
'n onvergeetlike kultuurnaweek
in die Boland.

BESPREEK
Kaartjies

Bespreek jou kaartjies vir een of
meer van die FAK-Kultuurnaweek se
produksies via Zuva, Suid-Afrika
se kaartjieplatform vir

Suid-Afrikaanse kultuurgebeure.

KOOP NOU
bottom of page